top of page
31. Self Portrait.jpg

OOR MY

Ek is 'n fotograaf en grafiese ontwerper gebaseer in die pragtige Tuinroete van Suid-Afrika - Riversdal.

​

Van kleins af was ek altyd mal daaroor om kuns te doen en kreatief te wees, en daardie passie het net aanhou groei deur die jare. Daarom het ek in 2020 by Studio 7 Skool vir Fotografie en Ontwerp gaan studeer, waar ek my sertifikaat verwerf het.

​

My missie in die lewe is om altyd die skoonheid in alles te vind, selfs die eenvoudigste, mees onopvallende dinge in die lewe. Ek hou daarvan om mense te laat stop met hul besige en nimmereindigende skedule en net aan die klein, onwaardeerde en vergete stukkies van ons lewens te dink. Al is dit net vir 'n sekonde, waar ons al die wonderlike en buitengewone dinge wat die Here vir ons geskep en gegee het kan waardeer.

18. Infra Red.jpg

My aanhaling

Fotografie is my manier om nooit die belangrike en spesiale oomblikke in die lewe te vergeet nie. Dit is my manier om 'n herinnering vas te vang, wat gewoonlik met tyd sou verdwyn en sodoende dit te verander in iets wat vir ewig sal hou.

MY AVONTUURLUSTIGE KANT

Ek lê onder die BMX-ryer se sprong!

Ek sal enigiets doen om daardie perfekte oogpunt, komposisie of skoot te kry. Dit is opwindend om te weet jy is in 'n baie hoë gevaarsone, maar jy vertrou net die ruiter en fokus op die foto. 

​

Ek is 'n baie avontuurlustige mens, ek hou daarvan om nuwe dinge te probeer en ook buite my gemaksone te leef. My droom is om oor die wêreld heen te reis en foto's te neem van al die ongelooflike plekke, kulture, ervarings en selfs die alledaagse lewens van reisigers. Terwyl ek dit doen, sal ek natuurlik die duisende dinge op my emmerlys uitleef, of soos ek en my beste vriendin hou van om te sê: "Ons OM TE DOEN Lys".

Ek Lê onder 'n BMX-ryer se sprong en neem foto's.

MY STORIE

Ek het op 'n plaas net buite Riversdal, Wes-Kaap, grootgeword. Ek het op 16 klaar gemaak met skool en die jaar daarna kort kursusse by die huis gestudeer. In 2019 het ek op 'n oorbruggingsjaar by Beyond Adventure gegaan. Ek het baie oor myself geleer, soos wat ek wil studeer en ek het my gemaksones met rasse skrede geskuif.

​

Ek boer huidiglik op ons familie plaas, saam met my Pa en my Oupa en doen fotografie en ontwerp as 'n ekstra. Ek bestuur die skaap vertakking en leer elke dag nuwe dinge op die plaas. Ek is baie dankbaar vir die voorreg om te kon grootword en nou ook te kan werk op ons familieplaas en sodoende my klein dogtertjie droom te kan uitleef. Gedurende die oorbruggingsjaar het ek wel besef fotografie en ontwerp is twee van my groot passies, en ek sal dit graag vir 'n lewe wil doen. Ek is baie bevoorreg om een van die min mense te wees wat kan sê dat ek my werk geniet, want ek doen waarvoor ek lief is en waaroor ek passievol is.

​

Van die belangrikste faktore in my lewe, wat my maak wie ek is, is my familie, my vriende en my geloof. Hierdie drie is my hoekstene en alles waarop ek my lewe bou. My passie is meestal fotografie, maar my ander passies in die lewe is om te boer, te lees, om op avonture saam met my vriende te gaan, kwaliteit tyd te spandeer saam met my familie en troeteldiere en bowenal, om foto's te neem van al hierdie dinge.

​

My visie vir my fotografie is om 'n verskil te maak en bewustheid te skep vir sake waaroor ek sterk voel. My leuse in die lewe is wat Moeder Teresa gesê het: "Ek alleen kan nie die wêreld verander nie, maar ek kan 'n klip oor die waters gooi om baie rimpelings te skep". Dit is waarna ek streef en dit is my hoop om dit in my leeftyd te bereik. Selfs al sit my foto's 'n glimlag op net een enkele persoon se gesig 'n dag - sal dit die moeite werd wees.

​

Ek hoop dit gee jou 'n insig van wie ek is as 'n persoon.

​

Dankie dat jy my webwerf besoek het. Hoop om binnekort van jou te hoor en om saam te werk.

​

God seën jou

MY STOKPERDJIES

LEES

PLAASLEWE

MOTORFIETSE

FOTOGRAFIE

AVONTURE

SWEM EN SKUBADUIK

STAP

HONDE

bottom of page