OOR MY
Ek is 'n fotograaf en grafiese ontwerper gebaseer in die pragtige Tuinroete van Suid-Afrika - Riversdal.
​
Van kleins af was ek altyd mal daaroor om kuns te doen en kreatief te wees, en daardie passie het net aanhou groei deur die jare. Daarom het ek in 2020 by Studio 7 Skool vir Fotografie en Ontwerp gaan studeer, waar ek my sertifikaat verwerf het.
​
My missie in die lewe is om altyd die skoonheid in alles te vind, selfs die eenvoudigste mees onopvallende dinge in die lewe. Ek hou daarvan om mense te laat stop met hul besige en nimmereindigende skedule, en net aan die klein, onwaardeerde en vergete stukkies van ons lewens te dink. Al is dit net vir 'n sekonde, waar ons al die wonderlike en buitengewone dinge wat die Here vir ons geskep en gegee het kan waardeer.
​
As jy meer oor my en my werk wil leer,
moet asseblief nie huiwer om kontak te maak nie.

VOEG 'N GETUIENIS BY
Hoe was my diens?
Ek hoop dat jou ervaring aangenaam was en dat jy baie pret gehad het tydens ons tyd saam!
Indien wel, laat asseblief 'n opmerking hieronder. In die geval dat dit nie waar is nie, laat asseblief steeds 'n resensie -
want 'n eerlike resensie word altyd deur almal waardeer.
​
Dankie vir jou tyd, en hoop om weer saam te werk in die toekoms.
​
Vriendelike groete
Marinelle Fourie
​

"Die lewe is soos 'n kamera. Fokus net op wat belangrik is en vang die goeie tye vas, ontwikkel uit die negatiewe en as dinge nie uitwerk nie, neem net nog 'n skoot."
Andre Kertesz
KONTAK MY
Ek hoor graag van jou!
​
​
Kontak my:
Vir meer inligting oor pakkette, 'n persoonlike kwotasie, of om 'n vergadering met 'n Professionele Fotograaf te reël.
​
​
Riversdal, Wes-Kaap, Suid-Afrika
076 307 7781